Pretoria Kitchens and Bedrooms

Kitchen Units and Built in Cupboards
3D kitchen design
In the industry since 1986

Attention to detail

Pretoria Kitchens is a family owned business specialising in Melamine Kitchens, Built in Cupboards and other fitted furniture

From Kitchenettes to Designer kitchens with everything

Ingeboude kaste vir slaapkamers, studeerkamers en speelkamers Pretoria

2019-09-12 15:09:00

Pretoria Kitchens and bedrooms is vervaardigers en installeerders van Melamine en soliede hout ingeboude kaste vir slaapkamers, studeerkamers en linne kaste. Ons sisteem maak installasie vinnig en pynloos. Vir inligting oor kombuiskaste druk hier.

Saam met elke kwotasie wat ons lewer is 'n drie dimensionele tekening sodat u kan sien wat u gaan kry. Ons kaste word met Melamine karkaste gemaak en dan sit ons deure en sig kante op gemaak van 'n reeks materiale vanaf Melamine tot soliede hout.

ses tipes ingeboude kaste vir slaap kamers, Pretoria
Ons bou ses verskillende uitlegte van ingeboude kaste in vier verskillende grotes as standaard.

Ons sal dit ook in enige grote bou om te pas by die plek waar dit moet staan, Die ses uitlegte is hang plek, dubbel hang plek, hang plek met rakke, hangplek met laaie, grimering tafel met kas bo en rakke. As daar iets spesiaals is wat u gesien het op die web, dan kan ons daarna kyk ook.

Hier by Pretoria Kitchens and Bedrooms is ons 'n klein maatskappy, Ek en my vakleerling doen al die werk self. Ons laai nie mense af en verdwyn kroeg toe nie.
Ingeboude kas konstruksie in Sederhout, Pretoria
Ons bou die karkaste of struktuur met Melamine, of Melawood of Novoboard, Druk hier om te kyk na die Melawood kleur palet. Al ons Melamine komponente vir karkaste word met 1mm impak rolle gelyn. Baie ingeboude kas vervaardigers sal bietjie geld probeer spaar deur .3mm edging te gebruik. Die 1mm is minder genyg om af te trek en voel en lyk ook beter. Geld kan gespaar word deur met skyfiebord te werk, maar ons stel dit nie voor nie. Die besparings is maar yl, veral as langdurigheid in ag geneem word.
Ingeboude kas konstruksie, Pretoria
Ingeboude kaste vir slaapkamers onder konstruksie

Melamine ingeboude kaste vir slaap kamers, Pretoria


Melamine ingeboude kaste se deure en sigkante word ook van Melamine gemaak en die is beskikbaar in 'n reeks kleure om enige smaak te troetel. Supawhite Melamine kan gebruik word vir die wat 'n klein begroting het, alhoewel 'n bietjie kleur en grein maak enige kas soveel mooier.

Ons kan slaapkamer kaste bou met tradisionele deure of glydeure vervaarding en installeer. Indien U stoorplek wil hê vir skoene, hand sakke of 'n bêreplekkie wil he vir die krale en blink goedjies, kan ons 'n plan maak. Ons bou ingeboude kaste met laaie, rakke, hangplek, hokkies en wegsteek plekkies.

Melamine Ingeboude kaste, Pretoria
Melamine ingeboude kaste met laaie.

Hier by Pretoria Kitchens bou ons ingeboude kaste om te pas net waar dit nodig is. Ons ingeboude kaste word afgelewer in "knock down" vorm en ons begin van 'n kant af en bou. Die sisteem laat ons to om 'n ingeboude kas in so min as een dag in te sit. Die langste deel van die konstruksie is gewoonlik die fyn werkies. Ons maak seker dat die kaste so goed moontlik pas en opgestel is.

Ingeboude kaste vir slaapkamers: Die opsies.


Omdat ons alle ingeboude kaste vervaardig om te pas, sal ons 'n driedimensionele tekening maak van die kas sodat U kan sien presies wat gaan ingesit word. Ons neem mates van die plek waar die kas moet ingesit word en bou alle komponente on te pas.

Daar is industrie standaard grotes en ons maak gebruik daarvan sover ons kan, maar as ons 'n kas nodig het wat 50mm nouer is of 120mm hoër is tot en met 2.7m hoog dan maak ons dit gebeur.
Geverfde ingeboude Kaste Pretoria
Geverfde ingeboude kas geinstaller te Pretoria Noord

Geverfde ingeboude kaste Pretoria


Kaste kan ook vervaardig word met Supawood, wat 'n baie goeie materiaal is vir spuitverf en handverf. Ons kan die deure en panele rou verskaf sodat u dit self kan verf, of ons kan dit verf. Ons doen beide handverf werk en spuitverf. Ons hand geverfde opsies sluit in gewone kwaswerk, of spesiale verftegnieke. Ons verf met Enamel, Eggshell of Chalk paints. Tegnieke wat ons kan doen sluit in dragging, rolling, marbling en wood-graining.
Geverfde ingeboude Kaste Pretoria
Verf tegniek, chalk paint op wynrak

Soliede hout ingeboude kaste vir slaapkamers, Pretoria


Ons sal ingeboude kas deure maak van soliede hout. Ons werk in enige hout wat beskikbaar is van denne hout tot harde hout. 'n Paar voorbeelde van houtsoorte waarmee ons al gewerk het is Kiaat, Eike hout, Boekenhout, Tambotie, Sederhout, Poplierhout en Rooshout.

Die verskillende komponente wat beskik baar is is standaard hangplek vir daai lang rokke en jasse, of dubbel hang plek vir mans klere. Ons kan standaard rakke
insit of hokkies maak vir skoene. Ons kan laaie maak wat of binne die kas versteek is of oopmaak soos 'n gewone laaikas. Ons kan diep laaie maak vir truie en beddegoed of vlak laaie maak met afskortings vir sokkies, onderklere of juwele.
Hout ingeboude Kaste Pretoria
Hout ingeboude kas geinstaller te Akasia, Pretoria Noord

Ons maak ook 'n spieltafel met of sonder laaie tussen kaste. Wil jy 'n plekkie he vir die TV of 'n komper, vra net. Ons maak ingeboude kaste om U wense te bewaarheid.

Bed kassies, boekrakke en meubels om te pas by die ingeboude kaste


Ons sal enige meubels maak om te pas by die ingeboude kaste vir die slaapkamer, bed kassies, kop stukke, speelgoed kiste, laai kassies, spiel tafels, selfs 'n bed vir die jong klomp, met uit trek matrasse vir die maters wanner hulle kom oor slaap.

Ingeboude kaste vir ander kamers


Jou motorhuis kan netjies wees, On kan kaste maak om alles te stoor vanaf die gereedskap tot die braai goeters en die koelkassies. Ons kan ook jou huiskantoor beplan en netjies maak, Die TV kamer en speel kamer kan ook nejies gemaak word met prag stuk ingeboude een hede vanaf boek rakke tot plasma stands.

Linnekas, Pretoria
Linne kas 3d uitbeelding

Losstaande meubels


Ons bou enige meubelstuk van 'n tafel, tot 'n jonkmans kas met Melamine of die ander materiale soos genoem.

Vra vir n gratis kwotasie en 3d uitbeelding van u projek, druk hier.

Hout meubels vervaardig in Pretoria
Hout meubels vervaardig in Pretoria


If you liked this please share it, it really makes my day and I really appreciate it.



See more blogs by tag

ingeboude kaste, hout, melamine, slaapkamer kaste,