Pretoria Kitchens and Bedrooms

Kitchen Units and Built in Cupboards
Free 3D kitchen design and consultation
Attention to Detail, Quality before quantity.

October Madness

sink and mixer offer

Droom kombuis kaste in Pretoria, Gratis Kwotasie en ontwerp

2019-10-17 10:45:09

Ons vervaardig en installeer kombuis kaste in die Pretoria gebied, Ons is gebasseer in Doornpoort en sal graag n 3d ontwerp en kwotasie doen vir u kombuis hernuwing. Hier by Pretoria Kitchens and Bedrooms stuur ons nie 'n verkoopsman en spanne mense nie, Ek doen self die werk saam met my vakleerling. By ons gaan dit oor kwaliteit nie oor hoeke sny nie.
kombuiskaste, Pretoria

Kombuis kaste materiaal, Pretoria


Ons vervaarding oor die algemeen ons karkaste met Melamien en die hoof produk wat ons gebruik is PG Bison se Melawood. Die kombuis kaste se binnegoed word met Melawood se Super White gemaak en die deure en sigkante word met verskeie materiaal soorte vervaardig.

Melawood kombuis kaste


Melawood is die goedkoopste manier on 'n kombuis te vervaardig. Die materiaal word in die fabriek gesny en geband. Daarna word dit afgelewer en ek en die vakleerling sit dit in die kombuis aanmekaar en installeer dit. Dit kan enigietes van 3 na 12 dae neem om kombuis kaste aanmekaar te sit en installeer. Ons doen klein en groot kombuise. As u die vol reeks van Melawood wil sien druk hier
hoek laaikas, Pretoria kombuis kaste installasie, Pretoria
Daar is n kleur of textuur vir enigiemand se droom kombuis vanaf wit to swart, hout afwerkings en selfs die nuwe klip afwerkings wat onlangs vrygestel is. Daar is ook Sonae se reeks wat ek nog op my webtuiste moet publiseer.

Geverfde kombuis kaste


Ons maak deure en sig panele met supawood en kan dit met die hand verf, spuitverf of verskeie verf tegnieke gebruik. As u 'n kombuis wil hĂȘ wat uitstaan dan is die 'n opsie. Verf tegnieke sluit marmer, graniet, sponsverf, sleepverf, laprolverf en houtgrein verf. Kies jou kleur palet en dan raak ons kunstig.
geverfde kombuiskaste
Ons kan ook spuitverf met matt of glans verf, asook motor kleure soos metallics.

Hout kombuis kaste


Ons maak hout kombuis kas deure met 'n reeks houtsoorte vanaf Pine en Saligna tot die exotiese houte soos Zebrano en Chamfuti as dit beskikbaar is. Daar is meer as sewentig houtsoorte beskikbaar vanaf verkillende verskaffers. Daar is plaaslike hout soorte soos Swarthout, geelhout, Kiaat, Poplier en stinkhout, ingevoerde houtsoorte soos eike hout, beech, ash en die mahonies en Afrika hout soorte soos Rooshout, Chamfuti, Rubberhout en Afrormosia.
kombuiskaste ontwerp
Ons kan ook werk met herwinde hout soos Baltic Pine wat ons redelik maklik kan kry.

Kombuis kas werktafels of bladdens.


Daar is vier hoof tipes werksoppervlaktes beskikbaar, Formica, Hout, Graniet en mensgemaakte klip bladdens of Kwarts. Om meer te lees oor die verskillende werksoppervlaktes en die kleur reeks te sien druk hier.
kombuiskaste wynrak
Om 'n kwotasie aan te vra druk hier.
kombuiskaste pretoria
Om geld te spaar met die hernuwing van 'n kombuis kan die deure en werksbladdens vervang word met behoud van die kaste se karkasse. Nuwe deure en bladdens sal 'n kombuis baie mooi opkikker.

Gebruik so veel as moontlik neutrale kleure omdat mode kleure gou verouder. Dit gaan ook vir teels, Om kleur in 'n kombuis in te bring is maklike met klein toestelle en met vadoeke en dies meer.

Vernuwing van jou kombuis, Additionele kaste en verskuiwing


Las 'n paar eenhede by, skuif 'n paar kaste en jou kombuis se uitleg verander heeltemaal. Nuwe deure en bladdens en siedaar, 'n moderne modieuse kombuis om almal te laat jaloers voel teen 'n verminderde koste.
Melawood kombuiskaste

Kombuis vernuwing Pretoria


Hand geverfde effekte kan 'n kombuis heeltemaal omskep in 'n wonder. Party oppervlakke kan maklik geverf word, ons kan spuit verf of hand verf met effekte soos albaster, graniet of selfs net uitsnyvorms.
Pretoria Kombuiskaste

Hernu alles in die kombuis


Breek uit en hernu, Nuwe kaste, nuwe teels, verf werk waar dit nodig is, skuif die opwasbak, maak plek vir 'n skottelgoedwasser, 'n oog hoogte oond en meer. Vra net, Jou droom is ons wens.

If you liked this please share it, it really makes my day and I really appreciate it.



See more blogs by tag